fbpx
Wikipedia

Mxolisi Kaunda

Mxolisi Thomas Kaunda (gebore 6 September 1973) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sedert September 2019 dien hy as die burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit. Hy was voor dit betrokke in die KwaZulu-Natalse provinsiale regering waar hy as die LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling vanaf 2016 tot 2019 gedien het. Kaunda was ook 'n lid van die provinsiale wetgewer tussen 2009 en 2019. Kaunda is 'n lid van die African National Congress (ANC).

Mxolisi Kaunda

Ampsbekleër
Termynaanvang
5 September 2019
Vise Belinda Scott
Voorafgegaan deur Zandile Gumede

KwaZulu-Natalse LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling
Ampstermyn
7 Junie 2016 – 4 September 2019
Premier Sihle Zikalala
Willies Mchunu
Voorafgegaan deur Willies Mchunu
Opgevolg deur Bhekuyise Ntuli

Ampstermyn
6 Mei 2009 – 4 September 2019

Persoonlike besonderhede
Gebore Mxolisi Thomas Kaunda
13 September 1973 (1973-09-13) (48 jaar oud)
Inanda, Natalprovinsie, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Nomzamo
Kind(ers) 4
Alma mater Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van die Witwatersrand

Vroeë lewe en opvoeding

Kaunda is op 6 September 1973 in die dorp Inanda buite Durban in die Natalprovinsie gebore. Hy het op die ouderdom van vyftien by politiek betrokke geraak en gevolglik deel van die Kongres van Suid-Afrikaanse Studente (COSAS) geword. Hy het aan Hoërskool Intshisekelo gematrikuleer, waarna hy aan die Universiteit van Suid-Afrika 'n diploma in bestuur en leierskap van die universiteit verwerf het. Hy het later aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en 'n gevorderde diploma in gevorderde bestuur en openbare leierskap verwerf.[1]

Politieke loopbaan

In 2000 is Kaunda as 'n ANC wykraadslid van die nuutgestigte eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit verkies. Na die 2006-verkiesing is hy ingehuldig as 'n PR raadslid. Hy het op die munisipale subkomitee vir ekonomiese ontwikkeling en markte gedien.[1]

In 2009 verskyn Kaunda op die ANC se kandidatelys vir die KwaZulu-Natalse provinsiale wetgewer. Hy is gevolglik verkies en is op 6 Mei 2009 ingehuldig as 'n lid van die wetgewer. Tydens sy eerste termyn as 'n LPW was hy voorsitter van die portefeuljekomitee vir vervoer en lid van die finansies, gemeenskapsveiligheid en skakelkomitee. Hy was ook 'n plaasvervangende lid van die samewerkende regering en tradisionele sake-komitees.[1]

Met sy herverkiesing in 2014, dien hy voort as voorsitter van die vervoerkomitee. Hy het ook 'n lid van die komitee vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, en gemeenskapsveiligheid en skakelkomitee geword.[1]

In Junie 2016 het die nuutverkose premier Willies Mchunu Kaunda aangewys as die LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling.[2] Sihle Zikalala is in Mei 2019 tot premier verkies en het Kaunda in sy pos behou.[3]

Benewens die feit dat hy verskeie openbare ampte beklee het, het Kaunda ook verskeie leiersposisies in die ANC-Jeugliga (ANCYL) beklee. Hy is in 2004 verkies as die ANCYL Provinsiale Sekretaris en het in die posisie tot 2008 gedien toe hy as ANCYL Provinsiale Voorsitter aangestel is. Hy het daardie pos tot 2010 behou. Hy is sedert 2012 'n lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee (PEC). Hy is ook 'n lid van die provinsiale werkskomitee (PWC).[1]

Burgemeesterskap

Kaunda is verkies as burgemeester van eThekwini op 6 September 2019. Dit volg nadat die provinsiale ANC vir Zandile Gumede op 13 Augustus herroep het. Sy het haar bedanking op 26 Augustus aangekondig maar dit op 29 Augustus weer teruggetrek. Sy het amptelik op 3 September bedank nadat die ANC druk op haar geplaas het om haar pos te ontruim.[4]

Persoonlike lewe

Kaunda is met Nomzamo getroud en hulle het 4 kinders.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 (en) Kahla, Cheryl (22 Augustus 2019). "Mxolisi Kaunda: Qualifications, CV and work history of eThekiwni's new mayor". The South African (in Engels). vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2019. Besoek op 11 Junie 2020.
  2. (en) Khoza, Amanda (6 Junie 2016). "ANC recalls 4 MECs in KZN cabinet reshuffle". News24 (in Engels). vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 11 Junie 2020.
  3. (en) Harper, Paddy (27 Mei 2019). "Zikalala appoints youthful cabinet in KZN". Mail & Guardian (in Engels). vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019. Besoek op 11 Junie 2020.
  4. (en) "New eThekwini mayor elected". eNCA (in Engels). 6 September 2019. vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 11 Junie 2020.

Eksterne skakels

  •   Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
  • (en) Thomas Mxolisi Kaunda 28 Augustus 2019 op Wayback Machine. People's Assembly.
  • (en) . Argiveer op 11 Junie 2020.

Mxolisi Kaunda
mxolisi, kaunda, mxolisi, thomas, kaunda, gebore, september, 1973, suid, afrikaanse, politikus, sedert, september, 2019, dien, burgemeester, ethekwini, metropolitaanse, munisipaliteit, voor, betrokke, kwazulu, natalse, provinsiale, regering, waar, vervoer, gem. Mxolisi Thomas Kaunda gebore 6 September 1973 is n Suid Afrikaanse politikus Sedert September 2019 dien hy as die burgemeester van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit Hy was voor dit betrokke in die KwaZulu Natalse provinsiale regering waar hy as die LUR vir vervoer gemeenskapsveiligheid en skakeling vanaf 2016 tot 2019 gedien het Kaunda was ook n lid van die provinsiale wetgewer tussen 2009 en 2019 Kaunda is n lid van die African National Congress ANC Mxolisi KaundaBurgemeester van die eThekwini Metropolitaanse MunisipaliteitAmpsbekleerTermynaanvang5 September 2019Vise Belinda ScottVoorafgegaan deur Zandile GumedeKwaZulu Natalse LUR vir vervoer gemeenskapsveiligheid en skakelingAmpstermyn7 Junie 2016 4 September 2019Premier Sihle ZikalalaWillies MchunuVoorafgegaan deur Willies MchunuOpgevolg deur Bhekuyise NtuliLid van die KwaZulu Natalse provinsiale wetgewerAmpstermyn6 Mei 2009 4 September 2019Persoonlike besonderhedeGebore Mxolisi Thomas Kaunda13 September 1973 1973 09 13 48 jaar oud Inanda Natalprovinsie Suid AfrikaNasionaliteit Suid AfrikanerPolitieke party African National CongressEggenoot note NomzamoKind ers 4Alma mater Universiteit van Suid AfrikaUniversiteit van die Witwatersrand Inhoud 1 Vroee lewe en opvoeding 2 Politieke loopbaan 3 Burgemeesterskap 4 Persoonlike lewe 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsVroee lewe en opvoeding WysigKaunda is op 6 September 1973 in die dorp Inanda buite Durban in die Natalprovinsie gebore Hy het op die ouderdom van vyftien by politiek betrokke geraak en gevolglik deel van die Kongres van Suid Afrikaanse Studente COSAS geword Hy het aan Hoerskool Intshisekelo gematrikuleer waarna hy aan die Universiteit van Suid Afrika n diploma in bestuur en leierskap van die universiteit verwerf het Hy het later aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer en n gevorderde diploma in gevorderde bestuur en openbare leierskap verwerf 1 Politieke loopbaan WysigIn 2000 is Kaunda as n ANC wykraadslid van die nuutgestigte eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit verkies Na die 2006 verkiesing is hy ingehuldig as n PR raadslid Hy het op die munisipale subkomitee vir ekonomiese ontwikkeling en markte gedien 1 In 2009 verskyn Kaunda op die ANC se kandidatelys vir die KwaZulu Natalse provinsiale wetgewer Hy is gevolglik verkies en is op 6 Mei 2009 ingehuldig as n lid van die wetgewer Tydens sy eerste termyn as n LPW was hy voorsitter van die portefeuljekomitee vir vervoer en lid van die finansies gemeenskapsveiligheid en skakelkomitee Hy was ook n plaasvervangende lid van die samewerkende regering en tradisionele sake komitees 1 Met sy herverkiesing in 2014 dien hy voort as voorsitter van die vervoerkomitee Hy het ook n lid van die komitee vir ekonomiese ontwikkeling toerisme en omgewingsake en gemeenskapsveiligheid en skakelkomitee geword 1 In Junie 2016 het die nuutverkose premier Willies Mchunu Kaunda aangewys as die LUR vir vervoer gemeenskapsveiligheid en skakeling 2 Sihle Zikalala is in Mei 2019 tot premier verkies en het Kaunda in sy pos behou 3 Benewens die feit dat hy verskeie openbare ampte beklee het het Kaunda ook verskeie leiersposisies in die ANC Jeugliga ANCYL beklee Hy is in 2004 verkies as die ANCYL Provinsiale Sekretaris en het in die posisie tot 2008 gedien toe hy as ANCYL Provinsiale Voorsitter aangestel is Hy het daardie pos tot 2010 behou Hy is sedert 2012 n lid van die ANC se provinsiale uitvoerende komitee PEC Hy is ook n lid van die provinsiale werkskomitee PWC 1 Burgemeesterskap WysigKaunda is verkies as burgemeester van eThekwini op 6 September 2019 Dit volg nadat die provinsiale ANC vir Zandile Gumede op 13 Augustus herroep het Sy het haar bedanking op 26 Augustus aangekondig maar dit op 29 Augustus weer teruggetrek Sy het amptelik op 3 September bedank nadat die ANC druk op haar geplaas het om haar pos te ontruim 4 Persoonlike lewe WysigKaunda is met Nomzamo getroud en hulle het 4 kinders Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 en Kahla Cheryl 22 Augustus 2019 Mxolisi Kaunda Qualifications CV and work history of eThekiwni s new mayor The South African in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Augustus 2019 Besoek op 11 Junie 2020 en Khoza Amanda 6 Junie 2016 ANC recalls 4 MECs in KZN cabinet reshuffle News24 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020 Besoek op 11 Junie 2020 en Harper Paddy 27 Mei 2019 Zikalala appoints youthful cabinet in KZN Mail amp Guardian in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2019 Besoek op 11 Junie 2020 en New eThekwini mayor elected eNCA in Engels 6 September 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019 Besoek op 11 Junie 2020 Eksterne skakels Wysig Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal en Thomas Mxolisi Kaunda Geargiveer 28 Augustus 2019 op Wayback Machine People s Assembly en Mayor of eThekwini Argiveer op 11 Junie 2020 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Mxolisi Kaunda amp oldid 2439445,